Gereelde vrae oor
Die Wolkskool
Besoek Wolkskoolhulp vir onderwysers vir enige vrae oor onderwyserregistrasies en die opstelling van klasse.

Die Wolkskool is ‘n inisiatief van die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS), ‘n nie-winsgewende organisasie. Die SOS staan vir die bevordering van gehalte-onderrig in Afrikaans.
Die Wolkskool is ‘n aanlyn leerplatform met lesse in video-formaat, werkkaarte en aflaaibare werkboeke wat leerders in hul eie tyd, vanaf enige plek en teen hul eie pas aanvullend tot skoolonderrig kan deurwerk. Dit sluit dus aan by nuwe, moderne wêreldgehalte onderwysinisiatiewe wat leerders toerus vir die 21ste eeu.
Enige leerder kan individueel aansluit, maar Die Wolkskool kom veral tot sy reg d.m.v. integrasie in die klaskamer. Opleiding word aan skole en onderwysers gebied deur middel van SACE geakkrediteerde seminare, werkswinkels en kongresse. Onderwysers kan ook aansluit by verskeie professionele vakverenigings.
Die Wolkskoollesse word gedoen deur die ervare SOS-onderwysers (ofte wel Wolkskooldosente). Die amptelike KABV (CAPS) kurrikulum van Suid-Afrika word gevolg.
Koste vir 2021:
- Vir individue* per maand per leerder (maand-tot-maand): R 145,00
- Vir individue* per maand per leerder (indien jy voor 1 Maart 2021 vir die hele jaar inskryf): R 95,00
- jy spaar R 600 (34%) vir die jaar - Vir skole**: R 28,50 per maand per leerder
* Individue betaal per maandelikse kaartaftrekking.
** Vir skole word 'n alternatiewe reëling getref.
Betaling word maandeliks deur 'n kaartaftrekking gedoen. Jou kaart moet dus op jou Wolkskoolprofiel gelaai word. Gebruik jou bestaande profiel of skep 'n nuwe een as jy nog nooit van tevore op Die Wolkskool geregistreer het nie.
Hoe om jou kaart te laai:
- Teken in op Die Wolkskool
- Gaan na My Profiel
- Klik op Laai Kaart heel onderaan jou profielblad
- Vul die korrekte besonderhede in en klik op "Stoor Kaart"
Indien ouers vir die hele jaar en/of vir meer as een kind tegelyk wil betaal, stuur so 'n versoek aan [email protected].
Indien jy nog nie voorheen geregistreer/aangesluit het nie, volg hierdie eenvoudige stappe*:
- Sluit hier aan: https://wolkskool.co.za/sluit-aan
- Verskaf jou naam, van, e-posadres en wagwoord.
- Voltooi die ouer se besonderhede
- Kies jou graad
* Indien jy reeds ingeteken is en nog 'n registrasie wil doen, sorg eers dat jy uitteken uit die bestaande profiel: https://wolkskool.co.za/teken-uit. Jy kan ook deur jou profiel uitteken:
Volg daarna die stappe hierbo.
Die Wolkskool is nie 'n skool op sy eie nie en gee ook nie die geleentheid om toetse of eksamens af te lê nie. Dit het ook tans 'n beperkte vakaanbod. Ons ondersteun dus skole en tuisonderrig.
Leerders moet dus steeds by 'n opvoedingsinstansie geregistreer wees. Ons werk nou saam met verskeie skole, maar ook saam met 'n tuisskoolinstansie soos https://afstandsleer.co.za/.
Indien jy toegang het tot Die Wolkskool, het jy toegang tot alle vakke, video's, werkboeke, werkkaarte en assesserings wat deur Die Wolkskool opgestel is. Die klaskamers is slegs van toepassing as jou onderwyser dit opgestel het. Dit word byvoorbeeld deur die onderwyser gebruik om boodskappe te stuur, opdragte te gee, dokumente te deel, ens. Daardie dokumente is dan slegs toeganklik deur die betrokke klaskamer waarin dit opgestel is.
Sodra jou onderwyser registreer en die klas se opstelling gedoen het, sal jy 'n kode per e-pos ontvang om deel te raak van die klaskamer.
Die lesinhoud van Die Wolkskool word deur professionele onderwysers opgestel. Die Departement van Basiese Onderwys se KABV (CAPS) kurrikulum word word as minimum vereiste hiervoor ingespan. Die Wolkskool-inhoud word stelselmatig meer en beter namate materiaal vir vakke en grade aangevul word.
Die Wolkskool gaan binnekort (kruisies in rooi) die laerskoolvakke volledig maak terwyl hoërskoolvakke bygewerk gaan word.
Tans word die volgende vakke aangebied:
Vir grade 1 - 3 is daar video's en die gewilde Slimboeke beskikbaar.
Gebruik 'n moderne webblaaier (browser) soos Chrome, Edge, Safari of Firefox. Internet Explorer is oud en behoort nie meer gebruik te word nie. Die Wolkskool beveel Chrome aan.
Sorg vir 'n stabiele Internetverbinding met genoeg data.
Jou kind kan Die Wolkskoollesse deur 'n gewone slimfoon doen. Dit is dus nie nodig vir 'n skootrekenaar nie. Jy hoef ook egter geen programme te installeer nie. Die Wolkskool is webgebaseerd.
'n Kleurdrukker is 'n aanbeveling om die werkboeke wat in pdf-formaat is, uit te druk.
Dit hang af hoe vinnig mens wil vorder deur Die Wolkskool.
Dit werk uit op ongeveer 5 MB per minuut op die video’s. Die gemiddelde duur van video’s is ongeveer 20 minute, wat jou op ’n gemiddelde van 100 MB per video uitbring en ongeveer 1 GB vir elke 10 video’s. Sommige lesse het 3 video’s in en jy kan maklik een les in ’n dag doen per vak.
Elke leerder moet apart aansluit met 'n unieke e-posadres. Kyk na die vrae "Hoe registreer ek / sluit ek aan?" en "Moet elke leerder 'n eie e-posadres hê?".
Voordat 'n leerder aansluit moet die vorige leerders eers uitteken. Druk druk op die volgende skakel om uit te teken: https://wolkskool.co.za/teken-uit
’n Leerder kan ook uitteken op sy/haar profiel:
Hier is die reëls:
- Elke leerder wat registreer, moet 'n unieke e-posadres of e-pos-alias hê.
- Jy kan van e-pos-aliasse gebruik maak om hierdie beperking te omseil. Ook as jou kind jonger as 13 is, mag hy/sy volgens wet nie 'n e-posadres hê nie.
Hoe werk 'n e-pos-alias?
Gmail het die voordeel van e-pos-aliasse. As jy nie een het nie, skep vir jou ’n Gmail adres.
As jy dan een het, kan jy aliasse gebruik om jou kinders te registreer en te laat inteken.
Gestel jou e-posadres is [email protected] en jou kind se naam is Kuiken, dan kan jy jou e-posadres so manipuleer dat dit anders lyk, maar steeds geldig is, bv.
E-posadres: [email protected]
E-pos-alias: [email protected]
Alles na die "+" en voor die "@" word deur die stelsels geïgnoreer en sal in jou inboks beland.
Dit gaan dus oor hóé jy die e-posadres intik. Niks word aan Gmail se kant gedoen om dit te laat werk nie.
Hier is 'n skakel na hoe mens dit ook kan regkry by ander e-posverskaffers: https://help.wodify.com/hc/en-us/articles/234441508-How-Do-I-Create-an-Email-Alias-
- Teken in
- Gaan na jou profiel (of klik op https://wolkskool.co.za/profiel)
- Verander jou e-posadres
- Klik op die oranje "Verander Profiel"
As jy ingeteken is
- Gaan na jou profiel (of klik op https://wolkskool.co.za/profiel) en verander jou wagwoord.
As jy nie ingeteken is nie
- Gaan na die intekenskerm
- Druk op Verander jou wagwoord
- Voorsien jou e-posadres waarmee jy gewoonlik inteken
- Druk op die "Verander wagwoord" oranje knop
- Wag vir die e-pos om te verskyn in jou inboks
- Lees die boodskap in die e-pos en druk op Herstel wagwoord
- Wag vir die blad om oop te maak wat jou nuwe wagwoord vra .
- Bevestig jou wagwoord en druk die "Verander wagwoord" knop.
- Teken in met jou nuwe wagwoord.
As jy probleme ondervind om jou wagwoord te verander, kyk na die antwoord op die vraag hieronder "Waarom kan ek nie my wagwoord verander nie?"
Daar is soms probleme om 'n wagwoord te verander weens die volgende redes:
- Jy kry nie die e-pos nie:
- Maak seker jou e-posadres is geldig. Kyk by My Profiel.
- Dit neem soms 'n tydjie voordat jy jou e-pos kry (maksimum 5 minute).
- Kyk in jou "Junk Mail" of dit nie dalk daar beland het nie.
- Die skakel op "Herstel wagwoord" in die e-pos werk nie. Jy kry 'n foutboodskap "Page not found":
- Javascript is nie op jou toestel se webblaaier (browser) aangeskakel nie of jy gebruik 'n ou webblaaier soos Internet Explorer.
- Gebruik Chrome as webblaaier of gaan na 'n ander toestel (selfoon of rekenaar) om die skakel te gebruik en jou wagwoord te verander.
As jy steeds nie regkom nie, stuur asseblief 'n e-pos aan [email protected] of voltooi hierdie vorm.
- Druk op die afpyltjie langs jou naam links bo
- Kies My Profiel
- Druk op "Verander Graad"
- Druk op die graad van jou keuse
- Druk op Inhoud op die linkerkantste paneel
Wenk vir 'n tegniese alternatief
Jy kan die volgende skakels gebruik om jou graad in die agtergrond te stel. Gaan kyk dan daarna op Inhoud.
- wolkskool.co.za/profiel/verander-graad/1
- wolkskool.co.za/profiel/verander-graad/2
- wolkskool.co.za/profiel/verander-graad/3
- wolkskool.co.za/profiel/verander-graad/4
- wolkskool.co.za/profiel/verander-graad/5
- wolkskool.co.za/profiel/verander-graad/6
- wolkskool.co.za/profiel/verander-graad/7
- wolkskool.co.za/profiel/verander-graad/8
- wolkskool.co.za/profiel/verander-graad/9
- wolkskool.co.za/profiel/verander-graad/10
- wolkskool.co.za/profiel/verander-graad/11
- wolkskool.co.za/profiel/verander-graad/12
Hier by die Skoleondersteuningsentrum glo ons sterk aan die waarde van moedertaalonderrig. Daar is internasionaal en plaaslik verskeie aanlyn opsies in Engels beskikbaar. Die Wolkskool fokus daarop om ook gehalte, aanlyn onderrig in Afrikaans aan te bied.
Indien jou skool parallelmedium is en soortgelyke ondersteuning aan jul Engelse leerders wil voorsien, is daar ’n paar goeie opsies beskikbaar:
- https://e-academyonline.co.za/
- https://pocketacademy.co.za/
- https://mathsbuddy.co.za/
- https://m.siyavula.com/
- https://www.mytopdog.co.za/
Die Wolkskool begin binnekort met Engels Eerste Addisionele Taal om aan die behoefte van Afrikaanse leerders te voldoen.
As jy Internet Explorer gebruik, dit is ou tegnologie en dit sal nie moderne toepassings kan hanteer nie.
Maak hierdie skakel (https://www.whatismybrowser.com/) oop en jy sal sien watter webblaaier (“browser”) jy gebruik en sien dat JavaScript nie geaktiveer is nie. Dit is die probleem. Moderne toepassings gebruik JavaScript en as jy dit aktiveer, sal dit steeds nie goed funksioneer binne ou tegnologie (Internet Explorer) nie.
Moderne “browsers” soos Chrome gee nie vir jou die probleem (en sommer baie ander probleme) nie. Hier is die skakel om dit af te laai: https://www.google.com/chrome/
Ons het onlangs 'n groot opgradering van die stelsel gedoen en die skakels na die lesse en video's het dus verander. Die werkboeke wat nog die ou skakels inhet, sal binnekort met die nuwe skakels bygewerk word.
Die volgorde van die lesinhoud op Die Wolkskool en die inhoud in die werkboek stem ooreen. Jy kan dus intussen die Wolkskoollesse en video's maklik volg soos wat jy deur die werkboek vorder.
Koppeling tussen rekeninge is tans nie moontlik nie. Elke leerder moet apart aansluit. Onderwysers kan wel klasse skep en leerders daaraan koppel.
- Teken in op Die Wolkskool
- Druk op die afpyltjie langs jou naam
- Klik op My Profiel
- Druk op die rooi "Verwyder Profiel"
- Lees die bevestigingsboodskap
- Druk op die oranje "Ja" om te bevestig
Gebruik die volgende skakel en voltooi die kontakvorm: https://wolkskool.co.za/kontak of stuur net 'n e-pos aan [email protected].
Probeer om te sê presies waar in die proses jy vashaak. Wat sien jy voor jou? Maak ’n skermskoot indien nodig en stuur dit per e-pos.
Die Wolkskool se direkte uitsendings vir Matrieks het op 29 Mei 2020 ten einde geloop.
Daar is egter hope inhoud vir matrieks op Die Wolkskool. Dit is gratis vir 2020.
Jy kan HIER die opnames van vorige uitsendings kry.
Al die ondersteunende materiaal van die aktiwiteite sal na 'n dag of twee na die uitsending gratis op https://markplein.co.za/products?grade=graad%201&search=wolkskool beskikbaar wees.
Alle terugvoer oor die vordering van kinders word tweeweekliks per e-pos aan ouers gestuur.
Dit is algemeen bekend dat slegs sowat 1-2% van mense hul aanlyn-kursusse voltooi, en dit is by volwassenes! Jou kind sal dus uitermate gedissiplineerd moet wees as alles aan hom/haar oorgelaat word. Moet dus nie hierdie stuk tegnologie as die "silver bullet" sien wat jou kind nou eweskielik met nuwe inspirasie en energie die res van sy/haar skooloopbaan sal laat deurdraf nie. Dit bied bloot meganismes tot jou en jou kind se beskikking om meer beheer te kry oor sy/haar skoolloopbaan. Harde werk en toewyding bly dus kritiek.
Hier is jou kans om as ouer sinvol betrokke te raak
Ouerbetrokkenheid is dus steeds baie belangrik, maar nou raak dit net meer haalbaar! Deurdat die die lesse by die huis toeganklik is, kan jy beskikbaar wees om jou kind by te staan. Daaby kry jy gereelde vorderingsverslae per e-pos.
Die Wolkskool is op die Suid-Afrikaanse kurrikulum vir skole, d.w.s. KABV (CAPS), gebaseer en Die Wolkskool kan maklik belyn word met dit wat in die skool gebeur. Dit is dan maklik vir jou as ouer om te weet waar jou kind min of meer is en moet wees.
Voordele van 'n Wolkskoolles bo 'n klasles
Jou kind het, anders as in die klaskamer, met Die Wolkskool die geleentheid om 'n videoles oor en oor te kyk totdat hy/sy dit verstaan. En dit teen sy/haar eie pas, vanaf enige plek en op sy/haar eie tyd.
En moenie vergeet dat jou kind vooruit kan werk nie - of terug kan gaan as hy/sy nie kan onthou nie! Hy/sy kan dus voorberei vir die volgende dag se les en vir die onderwyser vra indien daar konsepte is wat hy/sy nie verstaan nie. Hier is nou die geleentheid!
Werkboeke
Sekere Wolkskoolvakke het ook werkboeke wat jy gratis kan aflaai en uitdruk. Daar is spasie vir oefeninge en dit bevat ook talle verwysings na Wolkskoollesse en handboeke wat algemeen in skole gebruik word. Dit is visueel aantreklik en dit help regtig baie om die kolletjies van alles wat geleer moet word, te verbind.
Die eerste prys: Jou kind se skool gebruik Die Wolkskool
Die kersie op die koek sal natuurlik wees as jou kind se onderwyser of skool Die Wolkskool as hulpmiddel gebruik. Vaardige onderwysers gebruik aanlyn platforms soos Die Wolkskool sodat kinders hulle vakkennis bemeester, en dan gebruik hulle klastyd vir die toepassing van die kennis deur projekte en/of probleemoplossing. Hulle kan dan ook sien watter kinders die werk bemeester het, nuwe uitdagings stel of kennisgapings en verstaansvlakke help vul. Boonop rig hulle die kinders af om as lewenslange leerders te ontwikkel wat aanlyn platforms daarvoor met groot vrug kan inspan.
Die Wolkskool ondersteun dan ook sulke onderwysers deur gereelde seminare, werkswinkels en aanlyn kursusse. Moedig asseblief jou skool aan om Die Wolkskool te begin gebruik. Ons hou gereeld praatjies by oueraande. Kontak ons asseblief by [email protected] indien jy wil hê ons moet met die ouers kom praat.