SOS MAAK ONDERWYSERS SE LAS LIGTER
Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) spog tans met 12 verenigings.
Dié verenigings bied ‘n tuiste aan rolspelers in ons kinders se opvoeding en bied professionele ondersteuning en persoonlike ontwikkelingsgeleenthede. Die SOS voorsien hulp en ondersteuning in die vorm van hulpbronne soos werkkaarte, toetse, assesseringstake en voorbeeldvraestelle aan verskeie vakverenigings.
Visie
Die visie van die Opleidingsafdeling van die SOS is om die beste gehalte opleiding en hulpbronne vir Afrikaanse onderwysers in Suid-Afrika te bied en sodoende Afrikaanse onderrig van wêreldgehalte te behou en te verseker.
Missie
Om deur middel van vakverenigings goeie gehalte hulpbronne aan lede te verskaf, tesame met goeie gehalte opleiding tydens ontbyte, middagseminare, eendagseminare en kongresse. Tydens die Covid-inperking is bied die vakverenigings GRATIS hoë-gehalte webinare aan waarvoor onderwysers kan SACE-punte verdien.
SOS-verenigings: Algemene inligting
Elke vereniging bied unieke voordele soos werkkaarte, toetse en eksamenvraestelle met nasienriglyne en word aan lede beskikbaar gestel deur die onderwysportaal (onderwysers.co.za). Sien die lys van SOS-lidmaatskapvoordele onderaan.
Koste van lidmaatskap aan verenigings:
- Individuele lidmaatskap per onderwyser, per vereniging, per jaar: R264 vir 2021
- Registrasies vir 2021 open Dinsdag 1 Desember 2020 op onderwysers.co.za
Lidmaatskap is slegs vir onderwysers verbonde aan ’n skool, tuisskoolouers, studente en onderwysassistente.
Studente en onderwys-assistente sluit aan teen afslagprys per vakvereniging:
- Student/onderwysassistent: R132
Grondslagfase-onderwysers mag slegs vir een graad aansluit.
VOORDELE VAN LIDMAATSKAP:
- Toegang tot alle hulpbronne op die SOS se onderwysersportaal by onderwysers.co.za
- Gratis bywoning of afslag-bywoning van sommige seminare en webinare
- Gratis aanlyn SARO-kursusse
- Afslag by kongresse (sien Nasionale kongres – Gauteng en Streekskongres – Wes-Kaap)
- Addisionele voordele vir die Skoleondersteuningsentrum-verteenwoordiger (SOSV): gratis lidmaatskap by een vakvereniging en afslag van R500 by die kongres
Vir meer inligting, kontak vir Colette Scott by [email protected].